|
|
Diere, Voëls enVisse Van Suid Afrika |
|
Kat Familie
|
Luiperd
Leeu |
Jagluiperd
Tierboskat |
Luiperd
Manlik - Mannetjie
Vroulik - Wyfie
Kind - Welpie
Meervoud - Luiperds
Die luiperd (Panthera pardus) is 'n lid van die katfamilie en kom in 'n verskeidenheid van habitats voor in Afrika sowel as Asië. Luiperds is na tiers, leeus en jaguars die vierde grootste groot-kat. Die puma, die volgende grootste van die groot-katte, bereik byna dieselfde grootte as luiperds. Luiperds is nagdiere en kan tot 21 jaar oud word. Die luiperd sepels het swart vlekke in die vorm van sirkels.Sommige is donker van kleur en andere heeltemal swart. Die luiperd kan verwar word met diejagluiperd wat 'n ander katspesie is, maar die jagluiperd verskil in dat sy kolle onderbroke en rosetvormig is. Die luiperd het 'n kort, stewig en katagtige liggaamsbou. Hy kan sy kop massief en liggaamsbou heeltemal terugtrek. 'n Volwasse luiperd weeg ongeveer 60 kg en bereik 'n algemene hoogte van 60 cm. Die wyfie is telkens vir 'n periode van 3 maande dragtig en skenk geboorte aan twee tot drie welpies op 'n keer.
|
Jagluiperd
Manlik - Mannetjie
Vroulik - Wyfie
Kind - Welpie
Meervoud - Jagluiperds
Die Jagluiperd (Acinonyx jubatus) is 'n soogdier in die katfamilie en kom in 'n verskeidenheid van habitats voor, hoofsaaklik in Afrika. Die spesie is die enigste in lewende in die genus acinonyx. Die is die vinnigste landsoogdier en kan snelhede van tussen 112 en 120 km/h (70 en 75 mph) bereik oor kort afstande van ongeveer 450 meter (1,500 voet) en kan van 0-100 km/h (64 mph) versnel binne drie sekondes wat vinniger is as die meeste superkarre. Onlangse studies het bevestig dat die jagluiperd die vinnigste landsoogdier is. 'n Klein groepering van 'n subspesie word in Iran aangetref.
Hulle verkies oop savannas, gras, of bosveld. 'n Volwasse jagluiperd kan tot 65 kg weeg, en staan tussen 70 tot 90 cm hoog. As die vinnigste landdier kan 'n jagluiperd 'n spoed van ongeveer 112 kilometer per uur behaal. Die jagluiperd word soms met die luiperd, 'n heel verskillende katspesie, verwar weens die ooreenstemmende voorkoms ('n pels met donker vlekke), alhoewel die jagluiperd aansienlik meer vaartbelyn van bou is as die luiperd. Hulle dieët bestaan hoofsaaklik uit knaagdiere, klein bokspesies, somtyds zebras, en vlakvarke. Die jagluiperd jag in die dag. Na 'n draagtydperk van 3 maande word een of twee welpies gebore. |
Leeu
Manlik - Mannetjie
Vroulik - Wyfie
Kind - Welpie
Meervoud - Leeus of 'n trop Leeus
Die leeu (Panthera leo) is 'n soogdier van die familie Felidae en een van die vier "groot katte" in die genus Panthera. Die leeu is die tweede grootste katspesie naas die tier. Die manlike leeu kan maklik herken word deur sy maanhare en weeg tussen 150–250 kg. Wyfies weeg tussen 120–150 kg. In die wild word leeus tussen 10 en 14 jaar oud, terwyl die in gevangenis tot oor die 20 jaar oud kan word. Alhowel hulle op 'n tyd in Europa, Asië en Afrika te vinde was, bestaan die leeu tans (in die wild) nog net in Afrika en Indië. Leeus geniet 'n warm klimaat en jag in groepe. |
Tierboskat
Manlik - Mannetjie
Vroulik - Wyfie
Kind - Welpie
Meervoud - Tierboskatte
'n Volwasse tierboskat het 'n gemiddelde hoogte van 50 cm en 'n lengte van ongeveer 130 cm, insluitende sy stert, wat ongeveer 40 cm lank kan wees. Die tierboskat is 'n slank en langbenige kat, met 'n kort stert. Hy het 'n klein kop met groot, ovaal ore, wat naby aan mekaar geleë is. Sy lyf is versier met kolle op 'n dof-bruin pels; die kolle verander in strepe op sy rug en bene. Die tierboskat word hoofsaaklik in grasvelde aangetref, alhoewel daar ook melanistiese diere voorkom wat meer dikwels in bergagtige gebied voorkom. Tierboskatte benodig water en woon dus nie in semi-woestyne of droë steppes nie. Tierboskatte is karnivore wat gewoonlik klein soogdiere en voëls eet, maar hulle eet ook dikwels insekte. 'n Wyfie se werpsel bestaan gewoonlik uit ±3 kleintjies.
|
|
Bronne: http://af.wikipedia.org/ |
|