Karp
Algemeene Karp: (Cyprinus Carpio)
Die vis is ‘n wyd verspreide vis spesie wat oorspronklik van Asia afkomstig is.
In Japanees is dit Koi(Nishikigoi) oorspronklik vanaf die gebied Niigata in die 1820’s.
Daar is verskillende soorte Karp soos bv. Spieel Karp(Groot spieel agtige Skubbe), Leer Karp(geen Skubbe), Vol skub Karp(Algemeene Karp).
Die vis kan tot 1.5m lank word en oor 35kg swaar weeg. Die karp is ’n skool vis en hou van groot massas water wat stadig beweeg of stil staan met sagte plante groei. Karp is ’n omnivoor en sal van alles eet, maar hou van sy insekte of wurms en Mielies. Die rede daarvoor is die protiene tekorte. Die Karp broei in die Lente tyd en eet dan nie juis veel nie. Die beste tyd is vanaf November tot April maar die groot vis byt tog in die winter maande maar geduld is hier baie belangrik.
Aas: Mieliebol of Pellets met Floaties, Tigernuts, Ertwurms, Boilies, Deeg, ens. op die hoeke (Soet vrugte geure is die geheim) |