Herman Holtzhausen - Spinnekop.

Sarie Marais.Com Tuisblad

Radio Sarie Marais Ons Gesels Forum Kontak Ons
Tuis
Soogdiere
Bokke
Kat Familie
Perde en Donkies
Beeste
Skape
Varke
Voëls
Visse
Slange
Spinnekoppe
Honde
Ander

 

 

Diere, Voëls enVisse Van Suid Afrika

 

Spinnekoppe Tuisblad

Spinnekoppe is inverebraat-roofdiere met agt bene, geen tande en geen vlerke nie. Hulle behoort aan die Araneae-familie, waarvan die skerpioen en bosluise ook behoort. Alle spinnekoppe kan sy spin, waarmee hulle spinnerakke maak.

Die sy kan ook gebruik word om te help met klim, prooi toe te vou en dinge we te steek. Omtrent 350 spinnekopspesies is giftig en 200 spesies kan byt. Spinnekoppe het nie antennas nie en gebruik hare op hul bene om te kan ruik en hoor. Spinnekoppe kan nie hul kos kou nie. Hulle het ‘n spesiale monddeel waarmee hulle die vloeistof van hul prooi kan opsuig.

Spinnekoppe het agt oë en het glad nie bloed in hul liggame nie. Die grootste spinnekop is die Tarantula, wat tot 25cm breed kan wees as hy sy bene uitstrek. ‘n Spinnekop ontwikkel uit ‘n eier uit. Spinnekoppe lewe gewoonlik ‘n jaar lank, maar Tarantula's kan tot 20 jaar oud word. Mannetjie spinnekoppe is kleiner as wyfies.


Spinnekoppe behoort tot die sogenaamde Arthropoda of geleedpotige diere, wat ook insekte, myte, duisendpote, skerpioene en selfs garnale, krewe en krappe insluit.

’n Aantal ander minder bekende groepe behoort ook tot hierdie dierestam, wat om die waarheid te sê die heel grootste filum in die diereryk vorm. Daar is meer as 900 000 opgetekende geleedpotige spesies, maar waarskynlik nog talle en talle onopgetekendes. Hulle kom feitlik oral op aarde voor.

Die liggame van geleedpotiges bestaan uit segmente wat beweeglik teenoor mekaar is, buiten waar twee of meer van die segmente met mekaar versmelt is. Die liggaam is bedek met ’n huidskelet waarvan chitien die belangrikste bestanddeel is. Hierdie bedekking is plek-plek sterk en onbuigbaar, met delikater, buigsame aansluitings tussenin.

Fossielrekords toon dat reusagtige geleedpotiges met sagte bedekkings—see-skerpioene van tot twee meter—vroeër gelewe het, maar vandag s’n het slegs harde doppe wat in die reël nie groot liggame toelaat nie. Daar is weliswaar krewe wat tot sowat 20 kg kan weeg, maar die landdiertjies word nooit baie groot nie. Hulle moet ook gereeld hul doppe afwerp (vervel) namate hulle groei.

Baie mense dink aan die meeste geleedpotiges bloot as insekte en is dikwels verbaas wanneer hulle hoor dat byvoorbeeld spinnekoppe en skerpioene NIE insekte is nie.

Maar skerpioene en spinnekoppe lyk duidelik heelwat anders as jou tipiese insek. Hulle behoort tot die klas Arachnida, of spinnekopagtiges, wat al die diere insluit wat agt pote het, byvoorbeeld bosluise, myte, hooiwaens, romans, ens. Nege groepe met agt pote kom in Suid-Afrika voor.

Benewens daardie vier pare pote—pleks van drie soos by insekte—is die afsonderlike kop en bors (toraks), soos ’n mens dit by die insekte aantref, by hierdie spinnekopagtiges tot een struktuur versmelt.

Anders as baie soorte insekte het hulle boonop geen vlerke nie. Hulle het ook geen voelhorings nie.

 

 

 

Bronne: http://www.mieliestronk.com/spinkop.html

  Kontak Ons  

Ek gee waar moontlik erkenning waar moontlik, indien ek dalk van u materiaal sonder toestemming gebruik kontak my asb sodat ek dit kan regstel

Baie van die inligting op hierdie webblad is aan my gestuur deur vriende en forum lede daarom is en nie altyd seker van moontlikke kopie reg nie.