Baardskeerdersbos Orkes - Geelslang

Sarie Marais.Com Tuisblad

Radio Sarie Marais Ons Gesels Forum Kontak Ons
Tuis
Soogdiere
Bokke
Kat Familie
Perde en Donkies
Beeste
Skape
Varke
Voëls
Visse
Slange
Spinnekoppe
Honde
Ander

 

 

Diere, Voëls enVisse Van Suid Afrika

 

Slange Tuisblad

Pofadder Gaboenadder
Bergadder Horingadder
Geelslang Rinkhals

Pofadder

Familie: Viperidae
Sub-familie: Viperinae
Genus: Bitis
Spesie:Bitis arietans
__BAIE GEVAARLIK__

Kyk uit vir:
'n Kort gesette slang met 'n driehoekige kop onderskeibaar van die res van die liggaam.
? Geel tot grysbruin met duidelike swart chevrons op die rug .
? Kan sis of blaas as dit gesteur word .
? Gewoonlik op die grond .
? Baie aktief na sonsondergang .

Gemiddeld 90cm , Maksimum 1,7 meter

Voorkeurhabitat:
Algemeen in grootste gedeelte van Suid-Afrika behalwe op bergtoppe en in egte woestyn en digte woude . Kom nie in en om die Johannesburg streek voor nie .
Gewoontes:
'n Stadig bewegende , humeurige en prikkelbare slang wat sal sis of blaas as hy gesteur word . Gewoonlik op die grond , maar sal soms ook teen klein struikies opseil om in die son te bak . Meestal snags aktief en bak dikwels op teerpaaie waar hy soms doodgery word .
Maak staat op volmaakte kamoeflering om ongemerk te bly en sal eerder vries as om weg te beweeg . Mense trap dikwels op of naby pofadders en word dan gebyt . Soos ander slange swem die een goed .

Soortgelyke spesies:
Kan met Gaboenadder of sommige van die kleiner adders verwar word . Let Wel: Geeneen van die onskadelike slange lyk soos die Pofadder nie .
 
Vyande:
Die mens , vlakvarke , roofvoëls en ander slange bv . Egipties Kobra .

Prooi en eetgewoontes:
Lê prooi gewoonlik voor . Eet rotte en muise , ander klein landsoogdiertjies , grondvoëls , akkedisse , skurwepaddas en soms ander slange . Knaagdiere word gewoonlik gebyt en laat staan . Die pofadder volg dan die prooi se reuk met 'n flitsende tong . Prooi word kop eerste gesluk .

Voortplanting:
Lewendbarend . Gee gewoonlik in die nasomer geboorte aan 20 - 40 kleintjies , hoewel buitengewone werpsels van 80 al aangeteken is . Die kleintjies wat 15-20cm lank is , word in 'n fyn vliesagtige sak gebore waaruit hulle kort na geboorte breek . Groot pofadders in Oos-Afrika het al meer as 150 kleintjies op 'n slag gekry . Dit is die grootste werpsel van enige slang spesie ter wêreld .

Gevaar vir die mens:
Omdat hy weens sy kamoeflering nie raakgesien word nie , is hierdie humeurige slang met sy lang giftande (tot 18mm) en kragtige gif verantwoordelik vir baie slangbytongelukke . Ongeveer 60% van ernstige slangbyte in Suider Afrika word deur die slang toegedien . Hoewel min van die byte noodlottig is , bly die pofadder verantwoordelik vir die meeste slangbytsterftes in die streek .
Mense loop gevaar om snags op pofadders te trap aangesien die slange dikwels na sononder stadig in die donker rondbeweeg.

Gif:
'n Baie sterk sitotoksiese of selvernietigende gif wat weefsel en bloedselle aanval . Afgesien van onmiddelike skok , is die simptome onder meer uiterste pyn , uitermatige swelsel en soms blaasvorming by die bytplek . Die meeste slagoffers word aan die onderbeen gebyt . Gelukkig werk die gif stadig en neem dit tot 24 uur of langer voor die dood intree as die slagoffer nie behandel word nie of as behandeling onsuksesvol was . Dit is ongewoon dat 'n slagoffer binne 'n korter tydsverloop sterf . Noodlottige byte is gewoonlik die gevolg van komplikasies wat verband hou met uitermatige swelsel of nierversaking . In ernstige gevalle moet teengif toegedien word .

Noodhulpprosedures:
* Hou die pasiënt bewegingloos , stel hom/haar gerus en sorg dat hy lê en so stil moontlik gehou word .
* Wend onmiddelik 'n rekverband aan en spalk die ledemaat om te voorkom dat die gif versprei .
* Maak die rekverband los as die swelsel erg is , maar moenie dit verwyder nie .
* Neem pasiënt onmiddelik hospitaal toe .

Gaboenadder

Familie: Viperidae
Sub-familie: Viperinae
Genus: Bitis
Spesie:Bitis gabonica
__BAIE GEVAARLIK__

Kyk uit vir:
'n Vet slang met 'n driehoekige kop wat maklik van die res van die liggaam onderskei kan word .
Pragtige kleure in verskillende skakerings van donker - en ligbruin , dofgeel , pers en pienk .
Hyg en blaasgeluide as dit gesteur word .
Altyd op die grond .
Meestal snags aktief .

Gemiddeld 1 meter , Maksimum 1,8 meter

Voorkeurhabitat:

In Suider-Afrika verkies hierdie slang klam , digbeboste , laaglandgebiede in kusduine en -woude op die oostelike platorand van Zimbabwe . Die Gaboenadder het 'n beperkte verspreiding in sy gebied .

Gewoontes:

Hoewel hoofsaaklik snags aktief , lê hy soms op die woudvloer in die son en bak . Dit is 'n trae slang wat dae lank op een plek kan bly . Vergeleke met die pofadder is hy verbasend rustig van aard . As hy gesteur word , sal hy 'n reeks uitgerekte sisgeluide maak terwyl die voorste deel van die liggaam horisontaal van die grond gelig is , maar selfs dan is hy traag om te probeer byt .

Soortgelyke spesies:

Die Gaboenadder kan met die Pofadder verwar word , maar is veel kleurryker met treffender patrone .
 
Vyande:

Die grootste gedeelte van die slang se habitat in Noord-Natal is deur plakkers vernietig . Baie word ook deur slangentoesiaste gevang , gewoonlik as hul snags oor die pad seil . Die adder is skaars in noord Natal en word as kwesbaar aangegee in die Suid-Afrikaanse Rooidataboek - Reptiele en Amfibieë .

Prooi en eetgewoontes:

Kan van skemer af jag , anders lê hy sy prooi en inwag . Anders as die pofadder , is hy geneig om sy prooi vas te hou terwyl die gif werk . Geliefkoosde prooi is , onder andere , knaagdiere , hase , grondvoëls en skurwepaddas . Vang ook klein apies en duikers .

Voortplanting:

Lewendbarend . Gee in die nasomer geboorte aan 16 - 30 kleintjies (in Suid-Afrika) wat 25 - 32 cm lank is . Die kleintjies is volmaakte ewebeelde van die volwassenes . Mannetjies baklei met mekaar in die herfs en vroë winter . Dit is bekend dat die slang met die pofadder kruis . 'n Enkele kruising , 1.24 m lank , is in 1972 naby Mtubatuba gevind .

Gevaar vir die mens:

Die slang het 'n baie sterk sitotoksiese gif en kan 'n groot hoeveelheid met 'n enke byt toedien . Hy het ook enorme giftande wat tot 40mm lank word . Die slang se byt is uiters gevaarlik vir die mens , maar word selde teëgekom . Baie min byte word aangemeld .
Die Gaboenadder is volmaak gekamoefleer tussen dooie blare en 'n mens kan maklik op hom trap . Hy is skaars in die grootste gedeelte van sy gebied en byte word selde aangemeld.

Die Gaboenadder se giftande is die langste ter wêreld .
Gif:

Die kragtige sitotoksiese gif kan vergelyk word met die van die pofadder , maar 'n baie groter hoeveelheid kan met 'n enkele byt toegedien word . Die byt van 'n gaboenadder het angswekkende simptome tot gevolg en die dood tree vinnig in tensy teengif gou toegedien word . Die slagoffer moet onmiddelik vir skok behandel word . Simptome sluit kwaai pyn , swelsel en nekrose in .

Noodhulpprosedures:
* Hou die pasiënt bewegingloos , stel hom/haar gerus en sorg dat hy lê en so stil moontlik gehou word .
* Wend onmiddelik 'n rekverband aan en spalk die ledemaat om te voorkom dat die gif versprei .
* Maak die rekverband los as die swelsel erg is , maar moenie dit verwyder nie .
* Neem pasiënt onmiddelik hospitaal toe .

Bergadder

Familie: Viperidae
Sub-familie: Viperinae
Genus: Bitis
Spesie:Bitis atropos
GEVAARLIK

Kyk uit vir:
'n Driehoekige kop wat maklik van die res van die liggaam onderskei kan word .
Het nie chevronmerke oor die liggaam soos die pofadder nie .
Sis hard as hy te?gekom word .
Pik maklik , selfs as die agressor vêr buite bereik is .
Bak graag in die son .

Gemiddeld 30 cm , Maksimum 60 cm

 

Voorkeurhabitat:
Bergagtige grasveld , fynbos en rotsagtige hange van seevlak in die Oos- , Wes- en Noord -Kaap tot 3000m hoog in die Drakensberg.

Gewoontes:
'n Besonder humeurige slang wat hard sis en maklik sal pik as hy genader word . Hy lê dikwels en bak in graspolle op rotslyste of in voetpaadjies en sal gou skuiling soek as hy gesteur word .

Soortgelyke spesies:
Kan met die Pofadder verwar word . Die driehoekige kop is onderskeibaar van die liggaam en soos die pofadder sis hy as hy teëgekom word .
 
Vyande:
Roofvoëls en ander slange .

Prooi en eetgewoontes:

Hoofsaaklik akkedisse en knaagdiertjies , maar ook amfibieë soos reënpaddas . Neskuikens van grondvoëls en kleiner slange word ook gevang . Onvolwassenes eet egter hoofsaaklik amfibieë .

Voortplanting:
Paring vind in die herfs plaas en die wyfie gee in die nasomer geboorte aan 4-5 kleintjies . Die kleintjies is 9 - 15cm lank . Dit is bekend dat wyfies meer as een werpsel van 'n enkele paring kan hê .

Gevaar vir die mens:

Bergadders is algemeen , bak graag in die son en pik geredelik as hulle teëgekom word . Byte kan neurologiese simptome veroorsaak , maar geen sterftes is bekend nie .
Bergklimmers en stappers loop gevaar , veral as hulle aan lyste vat wat buite sig is . Stewels bied voldoende beskerming teen die byt van hierdie slang .

Gif:
Die gif verskil met die meeste adders s'n deurdat dit matig neurotoksies is met 'n spesifieke uitwerking op die optiese en gesigsenuwees ; wat hangooglede , duiseligheid en tydelike verlies van smaak en reuk veroorsaak . Anders as kobragif , veroorsaak dit , sover bekend , nie moeisame asemhaling nie . Die meeste slagoffers herstel binne 'n paar dae ten volle . Pasiënte moet vir simptome behandel word . Min byte lei tot swelsel en nekrose . Teengif neutraliseer nie die gif van die slang nie en is daarom nie nodig nie . Hoewel geen sterftes opgeteken is nie , kan byte ernstig wees en sodanig behandel word .

Noodhulpprosedures:
* Hou die pasiënt bewegingloos , stel hom/haar gerus en sorg dat hy lê en so stil moontlik gehou word .
* Wend onmiddelik 'n rekverband aan en spalk die ledemaat om te voorkom dat die gif versprei .
* Maak die rekverband los as die swelsel erg is , maar moenie dit verwyder nie .
* Neem pasiënt onmiddelik hospitaal toe

Horingadder

Familie: Viperidae
Sub-familie: Viperinae
Genus: Bitis
Spesie:Bitis caudalis
__GEVAARLIK__

Kyk uit vir:
'n Klein adder met 'n driehoekige kop wat maklik van die res van die liggaam onderskei kan word .
'n Enkele horing bo elke oog .
Sis en pik maklik
Kan homself in los grond begrawe met net dele van die kop wat uitsteek .

Gemiddeld 25 cm , Maksimum 50 cm

Voorkeurhabitat:
Hierdie slang verkies droë , sanderige streke in die Namib-woestyn , Karoo en savanne .

Gewoontes:
'n Klein adder wat homself in los sand kan begrawe deur te woel en te wikkel tot hy toe is . Net die bokant van die kop , die oë en die horinkies bly ontbloot . Soos Peringuey se Adder kan die slang sywaarts op los sand seil . As hy gesteur word , kan hy opkrul , sy lyf met lug opblaas en hard sis , terwyl hy herhaaldelik pik . Die horingadder verkies om bedags in die skadu van struike of rotse te lê en is met skemer op sy aktiefste .

Soortgelyke spesies:
Die Horingadder kan soos 'n klein pofadder lyk maar word onderskei aan die horinkies , een bo elke oog . Kan ook soms verwar word met ander klein adders soos bv. die Veelhoringadder of die ongemerkte Bergadder sowel as die onskadelike Dwerghaakneusslang .
 
Vyande:
Roofvoëls en ander slange .
Ook die mens , want die slang is baie gewild onder slangversamelaars .

Prooi en eetgewoontes:

Eet klein akkedisse soos skinke , wat bedags voorgelê word , of geitjies en knaagdiertjies wat snags gejag word . Vang ook amfibieë . Die horingadder gebruik die donker punt van sy stert om akkedisse te lok wanneer hy in los sand begrawe lê . Nadat hy toegeslaan het , hou hy sy prooi vas terwyl die gif werk .

Voortplanting:
Lewendbarend . Gee geboorte aan 4-8 of tot 19 kleintjies wat in die somermaande of vroeë herfs gebore word , ongeveer die selfde tyd wanneer baie akkedisse se eiers uitbroei . Die pasgebore addertjies is ongeveer 11 - 15 cm lank .

Gevaar vir die mens:
Kan 'n pynlike byt toedien , wat swelsel en matige nekrose veroorsaak , maar is nie werklik gevaarlik vir die mens nie .
Die slang is snags die aktiefste . Hy sis en pik maklik en sal dikwels lank voor jy hom sien al sis . Stewels bied genoeg beskerming .

Gif:
Die gif is matig sitotoksies en veroorsaak swelsel en baie pyn gepaard met skok en plaaslike nekrose . Sover bekend is dit nie noodlottig nie en teengif is nie nodig nie . Genesing kan verskeie weke neem .


Noodhulpprosedures:
As jy doodseker is 'n Horingadder was verantwoordelik vir die byt :
* Neem die slagoffer na 'n dokter of hospitaal waar die simptome van die byt behandel kan word .
* Andersins moet Noodhulp toegepas word

Geelslang ( Ook bekend as die Koper Kapel )

Naja nivea

Lengte: Volwassenes gemiddeld 1,2 tot 1,4 m, selde langer as 1,6 m. Die langste een is in Aus opgeteken en was 1,867 m.

Skubtelling: Middellyfskubbe in 19-21 rye, met 195-227 pensskubbe en 50-68 gepaarde onderstertskubbe. Die anale skild is heel. Daar is 7 bolipskilde - die 3de en 4de raak aan die oog - en 9 (soms 8 of 10) onderlipskilde, sowel as 1 vooroogskild en 3 (soms 4) agteroogskilde. Temporale skilde wissel, gewoonlik 1 + 3.

Kleur: Wissel baie, van geel tot rooibruin, tot swart. Sommige van die meer bekende variëteite, met ander tussenin, is: (a) heldergeel rugkant - onvolwassenes het 'n breë donker band oor die keel en sommige eksemplare het bruin vlekke; (b) 'n helder blink oranjebruin tot bruin rugkant, soms met donkerder of ligter vlekke; (c) blink donkerbruin tot swart rugkant en onderkant. Die geel fase is wyd versprei; die swart fase is beperk tot die Noordwes-Kaap. In die Suidwes-Kaap word goudbruin, bruin gespikkelde en heldergeel eksemplare aangetref.

Voorkeurhabitat: Fynbos, karoostruikgewas, dorre savanne en die Namibwoestyn waar dit knaagdiergate, verlate termiethope en, in dorre streke, rotsskeure bewoon. Dit word dikwels naby woonhuise op plase, veral in die Karoo, aangetref. Leef ook in gedeeltelik ontwikkelde voorstede en plakkersgemeenskappe waar dit huise binnegaan om aan die hitte van die dag te ontsnap. Grotendeels tot die Wes-, Oos- en Noord-Kaap beperk, maar kom ook in die Vrystaat, Botswana en Namibië

Gewoontes: Hierdie middelgroot, slanke kobra met sy breë kop is bedags en vroeg saans aktief wanneer dit op soek na kos teen borne kan opseil. Dit plunder die Versamel­voël (Philetairus socius) se neste. As dit aangeval word, sal hierdie slang horn altyd na die vyand keer en sy kop breed en indrukwekkend bak maak. Dit kan nie gif spoeg nie. Sal maklik uit verdediging pik. As die aggressor bewegingloos bly, sal die slang jou op die grond terugsak en wegbeweeg, maar weer sy verdedigende houding inneem sodra by beweging merk. Die Geelslang is dikwels verantwoordelik vir die verlies van vee waarvoor slange soos die skaapstekers (Psammophylax-spp.) die skuld kry. Die Geelslang is endemies aan Suider-Afrika.

Soortgelyke spesies: Geelslange se kleur wissel baie en hulle kan met ander kobras (Naja-spp.) en met die Molslang (Pseudaspis cana) verwar word.

Vyande: Die siwetkat (Civettictus civetta) en meerkatte, roofvoëls en ander slange.

Kos en eetgewoontes: Vang knaagdiere, voëls, ander slange, akkedisse en skurwepad­das. Seil in borne op om by kuikens in neste te kom en versamelvoëls se neste te plunder.

Voortplanting: Ovipaar. Lê 8-20 eiers (60-69 x 24-30 mm) in die midsomer. Pas uit-gebroeides is 34-40 cm lank.

Gevaar vir die mens: 'n Uiters gevaarlike kobra wat nie terugdeins as dit gekonfronteer word nie. Byte is dikwels noodlottig weens asemhalingsversaking.

Gif: 'n Hoogs neurotoksiese gif, die kragtig­ste van enige kobra in Afrika. Soos in die geval van 'n Swartmamba (Dendroaspis polylepis) se byt, kan kunsmatige asemhaling die slagoffer aan die lewe hou totdat genoeg teengif ingespuit is. Byte is dikwels noodlot­tig en in die Kaapse provinsies is hierdie slang verantwoordelik vir die meeste van die slangbytsterftes onder mense.

Rinkhals

Hemachatus haemachatus

Lengte: Volwassenes gemiddeld 1 m maar kan langer as 1,5 m word.

Skubtelling: Rugskubbe in 17-19 rye by die middellyf, met 116-150 pensskubbe en 30-47 gepaarde onderstertskubbe. Die anale skild is heel. Daar is 7 bolipskilde - die 3de en 4de raak aan die oog - en 8 of 9 (af en toe 7) onderlipskilde, sowel as 1 vooroogskild (soms 2) en 3 agteroogskilde. Temporale skilde is 2 + 3, 2 + 2 of 2 + 4.

Kleur: Wissel, maar die rugkant en onderkant is normaalweg olyf­kleurig tot donkerbruin of dofswart met 1 of 2 (af en toe 3) wit dwarsbande oor die keel, wat meer opvallend is wanneer dit die kop bak maak (eksemplare van die Witwatersrand). Andersins olyfkleurig tot donkerbruin of swart, met onreëlmatige roomwit of geel tot oranjegeel dwarsbande. Hierdie eksemplare het ook wit dwarsbande oor die keel. Die onderkant is donkerbruin tot swart. Eksemplare uit KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Zimbabwe het dwarsbande oor die rug wat nie tot op die pens strek nie.

Voorkeurhabitat: Grasveld, vogtige savanne, laaglandwoude en fynbos; dikwels op kleinhoewes in en om Johannesburg aangetref.

Gewoontes: Algemeen oor die grootste gedeelte van sy versprei­dingsgebied, veral die grasveld van die hooggeleë gebiede. Ondanks stedelike ontwikkeling is dit steeds algemeen om dele van Johannesburg, veral naby vleie, damme, komposhope, stalle en rots­tuine. Kan sy liggaamstemperatuur bale doeltreffend in 'n gematigde klimaat reguleer en kan bedags, selfs in die winter, 'n liggaamstemperatuur van meer as 30 °C handhaaf. Hoofsaaklik 'n dagslang wat soggens op sonnige plekke lë en bak en na plekke met gebroke skaduwee beweeg wanneer die liggaamstemperatuur 32 °C bereik. Soek bedags
aktief kos, maar kan in die somermaande ook snags teëgekom word wanneer dit jag. Die Rinkhals verdwyn vinnig as dit gesteur word, maar as dit vasgekeer word, sal dit tot die helfte van die lyf van die grond lig en die kop bak maak sodat die 2 of 3 wit bande oor die keel duidelik sigbaar is. Dit klim goed en sal in heinings en selfs bome opseil, veral wanneer dit probeer ontsnap. Soos die Mosambiekse spoegkobra (Naja mossambica) spoeg dit gif, maar net vanuit 'n regop posisie met die voorlyf van die grond gelig en met die kop bak gemaak. Wanneer dit spoeg, trek dit die kop terug en gooi die voorlyf vorentoe en sis dikwels terselfdertyd. Dit kan 2-3 m ver doeltreffend spoeg en mik nie akkuraat nie, maar spuit eerder 2 strale gif in die algemene rigting van die aanvaller. As 'n mens baie naby kom, sal die Rinkhals soms grond toe sak, die voorste deel van die liggaam skuins of onderstebo keer en maak of dit dood is. Die tong hang dikwels by die halfoop bek uit. As dit opgetel word terwyl dit so lë, sal dit dikwels slap hang, maar kan ook onverwags pik. Vergiftiging kom selde voor en dit is gewoonlik honde en perde wat gebyt word. In weerwil van sy kobra-agtige voorkoms, is die Rinkhals nie 'n egte kobra nie. Dit het gekielde rugskubbe en bring kleintjies lewendig in die wêreld (egte kobras lë eiers). Daar is ook belangrike skeletverskille tussen die slang en kobras.

Soortgelyke spesies: Hierdie spesie kan met die Molslang (Pseudaspis cana) verwar word. In baie dele van sy gebied sien boere die Mosambiekse spoegkobra en ook die Wipneuskobra (Naja annulifera) vir 'n Rinkhals aan.

Vyande: Ander slange en roofvoëls. Gevalle van 'n Rooimeerkat (Cynictis penicillata) wat 'n Rinkhals vang, is al opgeteken. Brulpaddas (Pyxicephalus adspersus) eet ook die kleintjies. Stedelike ontwikkeling lyk na hierdie slang se grootste bedreiging, aangesien al hoe meer van die habitat vernietig word.

Kos en eetgewoontes: Het 'n groot voor­liefde vir skurwepaddas, maar vreet ook akkedisse, knaagdiere, slange, voëls en hul eiers. Eiers word heel ingesluk.

Voortplanting: Vivipaar. Skenk in die nasomer die lewe aan 20-30, soms tot 63, kleintjies. Die kleintjies, gemiddeld 16-22 cm lank, is volmaakte ewebeelde van die ouers.

Gevaar vir die mens: Hoewel hierdie slang se gif potensieel dodelik is, is dit nie so kragtig soon die meeste kobras s'n nie. Sterfgevalle onder mense is seldsaam.

Gif: 'n Gevaarlike neurotoksiese gif wat sonder behandeling asemhalingsversaking en die dood kan veroorsaak. Teengif is doel­treffend teen hierdie slang se gif. Byte is seldsaam en sterfgevalle so te sê onbekend.

Noodhulpmaatreëls


  • ONTBLOOT DIE BYTPLEK. Sny kledingstukke weg en verwyder knellende voorwerpe soos ringe en skoene. Spoel alle gif met baie water weg van die bytplek of of vee dit met 'n stuk materiaal af.


  • MOENIE SNY OF DRUK NIE. Moenie die bytplek sny of daaraan druk nie en vermy uitgediende metodes soos om Condy-kristalle (kaliumperman­ganaat) in te vryf.


  • VERMY DIT OM TE SUIG. Die voordele van suig is nog onbekend. Om die bytplek te suig, veral met 'n meganiese toestel, kan help as dit onmiddellik gedoen word, al is dit net om die slagoffer gerus te stel. Suig deur 'n rubber- of plastiekvel om te voorkom dat jy jou vergiftig, want jy weet dalk nie van snye of sere in jou mond nie. Spoeg onmiddellik alle uitgesuigde vloeistof uit. (Hou ook die gevaar van MIV/Vigs en hepatitis-infeksie in gedagte en tref altyd maatreëls om jou teen aanraking met die slagoffer se bloed of liggaamsvloeistowwe te beskerm.)


  • HOU DIE LUGWEG 00P. Veral in die geval van 'n ernstige byt deur 'n Swartmamba (Dendroaspis polylepis), Wipneuskobra (Naja annulifera) of Geelslang (Naja nivea) is dit besonder belangrik om die lugweg te alle tye oop en geventileer te hou. Hou speeksel uit die mond en keel en pas kunsmatige asemhaling toe as dit nodig is. Hou slagoffers ook warm deur hulle in komberse of bykomende kleding­stukke toe te draai.


  • MOENIE ELEKTRIESE SKOKBEHANDELING TOEPAS NIE. Dit word soms met 'n elektriese porstok of motorbattery gedoen, maar moet vermy word, want dit is nutteloos, ongeag die bron van die elektriese stroom.


  • HOU DIE SLAGOFFER STIL. Moenie dat die slagoffer onnodig beweeg nie en hou horn of haar kalm. Bly by die slagoffer en noem slangbytstatis­tieke. Noem ook dat die meeste slagoffers sonder behandeling ten voile herstel en beklemtoon hoe belangrik dit is om bewegingloos te bly. Onthou dat enige onnodige beweging die gif vinniger kan laat versprei.


  • IMMOBILISEER DIE LEDEMAAT. Gebruik 'n spalk of hangverband om die aangetaste ledemaat te immobiliseer en hou, as dit moontlik is, die ledemaat net onder die vlak van die hart.


  • MOENIE ALKOHOL INGEE NIE. Moenie die slagoffer alkohol of ander vloeistowwe gee nie of, as jy moet, gee net baie klein hoeveelhede.


  • WEND 'N DRUKVERBAND AAN. As jy vermoed of weet dat dit 'n neurotoksiese gif is, moet jy 'n drukverband gebruik. (Kyk hiernaas.) 'n Drukverband moenie vir 'n sitotoksiese byt gebruik word nie. As die slagoffer hoog teen die romp gebyt is, wat selde die geval is, moet jy hard met jou hand op die bytplek druk om die verspreiding van die gif te vertraag.


  • VERMY 'n TOERNIKET Tensy die persoon deur 'n Geelslang (Naja nivea) of Swartmamba (Dendroaspis polylepis) gebyt is, moet 'n toer­niket vermy word. In genoemde gevalle kan 'n toerniket wel 'n lewe red, veral wanneer behoorlike mediese hulp ure ver is. Die toerniket wat uit 'n lyfband, 'n rubberverband, of selfs 'n kledingstuk kan bestaan, moet so you moontlik bo die knie of aan die boarm — na gelang van waar die bytplek is — aangewend word. Dit moenie vir meer as 15 tot 30 minute (of hoogstens 'n uur) op 'n slag aanbly sonder dat dit elke paar sekondes losgemaak word nie. Dit moet in elk geval nie langer as 'n uur en 'n half aanbly nie. 'n Toerniket kan ernstige weefselskade veroorsaak en moet net gebruik word as dit uiters nodig is.


  • OORWEEG TEENGIF. In ernstige slangbytgevalle, en om 'n lewe te red, kan dit nodig wees om teengif toe te dien. Kyk Toediening van teengif op bladsy 44. Moet nooit teengif in of om die bytplek inspuit nie.


  • ONTBIED HULP. Omdat selfone deesdae so algemeen en gewild is, is dit baie makliker as vroeër om hulp te ontbied. Stel jou naaste hospitaal, dokter of ambulansdiens in kennis dat iemand deur 'n slang gebyt is en beskryf die simptome. As dit moontlik is, moet jy een van die gifsentrums skakel en advies vra (kyk bladsy 47).


  • MOENIE DIE SLANG PROBEER DOODMAAK NIE. 'n Tweede byt kan sake erg kompliseer. As dit wel doodgemaak is en jy is nie seker watter slangspesie dit is nie, moet jy dit saamneem na die hospitaal toe, aangesien positiewe uitkenning behandeling kan vereenvoudig. Moenie aan die slang raak nie maar vee dit eerder in 'n kartondoos of emmer, want sommige spesies maak of hulle dood is.

WEES BAIE VERSIGTIG.


DRUKVERBANDE

In die geval van 'n byt deur 'n mamba of een van die kobras wat nie spoeg nie, moet jy onmiddellik 'n drukverband aanwend. Let daarop dat dit nie 'n toerniket is nie. Pas ferm druk met jou hand op die bytplek toe. Wend dan 'n verband oor die bytplek aan ('n crêpeverband is ideaal, omdat dit rekbaar is, antlers kan 'n kledingstuk geskeur word). Jou Joel is nie om die bloedsomloop of te sny nie, maar eerder om te verhoed dat gif vinnig deur die limfatiese stelsel versprei. Die verband moet dus so styf soos vir 'n verstuite enkel wees. 'n Opblaasbare spalk kan 'n nuttige alternatief wees, as dit beskik­baar is, maar moenie dit te styf opblaas nie. Vermy onnodige beweging, byvoorbeeld wanneer klere uitgetrek of weggesny word, want dit kan die gif laat versprei. Trek die slag- offer se skoene of ander knellende klere uit. Verbind nou die hele ledemaat met 'n rekverband en gebruik dan spalke oor die vernaamste gewrigte om beweging te beperk. Maak seker dat jy 'n polsslag by die voet of polsgewrig kan voel nadat jy die drukverband aangewend het. Die pasiënt moet, indien nodig, gedra word en onmiddellik na 'n hospitaal vervoer word. As jy alleen is, loop stadig, maar moenie tyd verspil nie. Die drukverband moet aanbly totdat die pasiënt by die hospitaal kom. As die ledemaat baie swel, moet jy die verband losser maak maar nie afhaal nie.


Die voorbeelde is in die galery onder die kategorie NOODHULP.


Noodhulp vir slanggif in die oë

Gif op die vel sal min of geen skade doen, tensy dit in 'n oop wond beland. In die oê veroorsaak dit 'n brandpyn en ontsteking. Om die oë te vryf, sal meer kwaad as goed doen. Spoel die oë onmiddellik met baie water of enige ander onskadelike vloeistof soos melk, koeldrank, tee, speeksel of selfs bier of urine uit. Moet nooit Condy-kristalle (kaliumpermanganaat) gebruik nie. Moenie die gif probeer neutraliseer nie maar probeer Hewer om dit uit die slagoffer se oë te spoel. Vee ook enige gif aan die gesig weg van die oë af. Kry mediese advies. Oor die algemeen moet antibiotiese salf 'n paar dae lank in die slagoffer se oë gebruik word om sekondêre bakteriële infeksie te voorkom wat in beskadigde korneas kan ontstaan. Die slagoffer se oë behoort binne drie of vier dae ten voile te herstel maar, as dit onbe­handel bly, kan die gif gedeeltelike blind­heid veroorsaak. Dit kan veral gebeur as sekondêre infeksie ontstaan het.


VOORKOMING VAN SLANGBYT

Baie Suid-Afrikaners is buitelugmense en bring baie van hul tyd deur met hengel, voetslaan, voëlkyk of om sommer net die natuur te geniet. Slange word dus taamlik algemeen teëgekom. Hier volg 'n paar riglyne wat kan help om slange en slangbyt te voorkom:


Voorsorgmaatreëls

  • Laat slange altyd met rus.

  • As jy in die veld is, moet jy stewige skoene of stewels (nie sandale nie) en 'n langbroek, verkieslik 'n denimbroek, dra. Die meeste mense word aan die onderbeen of enkel gebyt, dikwels wanneer hulle per ongeluk op 'n slang trap.

  • Moenie snags, wanneer jy in die veld is of kampeer, kaalvoet loop nie. As jy in die donker moet loop, moet jy 'n flits neem en jou pad verlig. Die meeste slangbyte vind plaas net voor of binne 'n uur of twee ná dit heeltemal donker is. Dit is wanneer nagtelike slange en mense baie bedrywig is.

  • Hou jou oë oop en kyk waarheen jy gaan. As jy bergklim, moenie jou hande op plekke sit wat buite sig is nie. As jy vuurmaakhout optel, moenie jou hande in gate, tonnels of hol stompe steek nie.

  • Moenie oor stompe of groot klippe trap nie, want 'n slang kan aan die ander kant lê en bak. Trap Hewer op hulle.

  • As jy wel op 'n slang afkom, moet jy doodstil staan. Geen slang sal naderkom en jou aanval nie. As jy 'n hele entjie, ongeveer vier meter of meer, van die slang is, moet jy stadig retireer. Slange jaag nooit mense nie.

  • Moenie 'n slang in die natuur probeer doodmaak nie. Om klippe na slange te gooi of om op hulle te skiet, is moeilikheid soek.

  • Moenie aan slange wat oënskynlik dood is, vat nie, want sommige maak of hulle dood is. Die lyf kan op sy sy of onderstebo gekeer wees met die tong wat uithang.

PASOP.

  • Bejeën alle slange met ontsag.

NUTTIGE KONTAKTE

Vir inligting oor teengif of oor teengif­stelle, skakel:

Nasionale Gesondheid Laboratoriumdiens handeldrywend as South African Vaccine Producers (Pty) Ltd

Tel: 011 386 6063

 of 011 386 6063      

Na-uurs: Skakel Dr Blaylock by 083 652 0105 of Selfoon   083 652 0105 

Webwerf: www.savp.co.za

Vir raad oor slangbytvergiftiging, skakel die volgende Gifinligtingsentrums/ Hospitale:

NETCARE 911

24 uur tolvrye gifinligtingsnoodlyn:

0800 333 444 of  0800 333 444   alle ure

Webwerf: www.netcare.co.za

Pretoria

Unitashospitaal

Tel: 0800 333 444 of  0800 333 444  alle ure

Kaapstad

Rooikruiskinderhospitaal

Tel: 021 689 5227 of  021 689 5227 alle ure

Tygerberghospitaal

Tel: 021 931 6129 of   021 931 6129 alle ure

021 938 6084 of  021 938 6084  kantoorure

Durban

St Augustine Giftrauma-eenheid

Tel: 0800 333 444 of  0800 333 444   alle ure

Bloemfontein

Universitashospitaal

Tel:082 410 0160 of  082 410 0160  alle ure

051 401 3090 of  051 401 3090  kantoorure

Port Elizabeth

Livingstonehospitaal Pediatriese Departement

Tel: 041 405 2141 of  041 405 2141 alle ure

041 405 9111 of  041 405 9111 alle ure

041 392 3385 of   041 392 3385  kantoorure

Oos-Londen

Frerehospitaal Pediatriese Departement

Tel: 043 709 1111 of 043 709 1111 alle ure

Kimberley

Kimberleyhospitaal Farmaseutiese Departement

Tel: 053 802 2336 of  053 802 2336 kantoorure

053 802 2355 of  053 802 2355  kantoorure

 

Bronne: Dankie aan Sandaris vir die bydrae.

http://library.thinkquest.org/07aug/00139/afrikaans/geelslang.html

  Kontak Ons  

Ek gee waar moontlik erkenning waar moontlik, indien ek dalk van u materiaal sonder toestemming gebruik kontak my asb sodat ek dit kan regstel

Baie van die inligting op hierdie webblad is aan my gestuur deur vriende en forum lede daarom is en nie altyd seker van moontlikke kopie reg nie.